Suikerbos
Academy Kleuterskool

Hier Leer Ons Deur Te Speel

 

N KLEUTERSKOOL MET N VERSKIL

Wonderlike Onderwysers

Ons Onderwysers is vriendelik en in staat om die lesse in twee tale te gee naamlik Afrikaans en Engels.

 

Heerlike Etes

Die skool spog met ‘n Spyskaart vir vier weke. Op die manier sorg ons dat die kinders gesonde heilsame etes kry wat elke dag verskil.

Uitstekende Leerprogram

Suikerbos Academy Kleuterskool gebruik ‘n Curriculum wat deur die Departement van Onderwys goedgekeur is. As Gr R maatjies groot skool toe gaan is hulle gereed vir alles.

Vriendelike Omgewing

Met drie speelgronde op die terrein maak ons seker dat ons groter maats nie die Kleiner maatjies seermaak nie. Sodoende speel hulle in groepsverband en voorkom ons ongelukkigheid.

Ons Personeel

Retha

Eienaar

Geraldine

4-23 maande

Betty

4-23 maande

Trix

2 jaar

Wat Ons Bied

Baba Klas 4-23 maande

Hier begin ons pret… Hier leer ons om saam te speel en pret te hê. In die klas maak ons seker dat elke kind sy/haar eie goedjies gebruik soos die doeke, boudsalf, “Wetwipes” ens. Geen oorkruis gebruik word toegelaat nie m.a.w. elke kind gebruik sy eie goedjies. Daar word boek gehou van wanneer Baba slaap, wat hy/sy geëet het, wanneer doeke geruil is en oor die kind se algemene toestand. Die boekie word huis toe gestuur en moet asseblief elke dag terug gestuur word. Ons maatjies speel ook hier afsonderlik en ons beskik oor ‘n binne speel area vir die kleingoed.

Kleuterskool 2 jaar tot Graad R

Mamma, nou raak ons groot… Hier gebruik ons ‘n Curriculum wat deur die Departement van Onderwys goedgekeur is. Ons begin al in die “Potty Trainer” klas met boekwerk. Die kind se ontwikkeling begin al by geboorte en nou help ons hulle om te leer hoe om kryt vas te hou, skeur en in te kleur. Pretige temas word regdeur tot Graad R elke week aangebied. Deurentyd hou ons ouers op hoogte van hul kind se vordering en kry ons maats twee maal ‘n jaar rapporte. Teen die tyd wat hulle “Groot Skool” toe gaan, is hulle reg vir die nuwe uitdagings.

Ekstra Aktiwiteite

Ons bied ook ekstra aktiwiteit by die kleuterskool aan. Vir meer informasie kontak ons gerus.

Hoe om u Kind In Te Skryf?

Kontak Ons

© Copyright 2021 by ENVALAB